: Môre, 5 Oktober vier Mid-Karoo Express ons eerste verjaardag! Die afgelope jaar het ons elke week lekker-lees en interssante nuus vanuit ons lesersgebiede geplaas uit die pen van korrespondente wat in die onderskeie gebiede woon. Ons het ook al baie werk vir liefdadig-heid gedoen en verskeie ontbytses-sies gehou om ons lesers en adverteerders beter te leer ken. Die Mid-Karoo Express se bestuur en personeel wil vir elke persoon wat weekliks getrou ons gratis koerant lees, asook ons lojale adverteerders bedank vir hul ondersteuning in ons eerste jaar. Ons was van dag een af hartlik in jul gemeenskap verwelkom en ons glo dat ons nog ’n lang pad met almal sal stap. Hier vier van ons personeel en korrespondente ons eerste verjaardag by ons kantoor in Cradock. Agter van links is Michael Healy (IT-bestuurder), Yvette Roelofse (advertensieverteenwoordiger), Nolan Venter (korrespondent), Nicolette Thomas (bemarking), Teresa Opperman (korrespondent), Wilna de Klerk (korrespondent) en Erica Abrahams (ontvangsdame en advertensieverteenwoordiger: Cradock). Voor is Tasmia Ismail (bestuurder van EP Media en Die Burger Oos-Kaap) en Bettie Giliomee-Rossouw (streeksredakteur: EP Media). Korrespondent Nolan Venter het gewys hy is ‘n man van vele t


Lees ook:

Gelukwensings het van oral gekom.

Lees al die

boodskappies op bl. 5.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article