BY die ACVV Middelburg-kantoor was die vreugde duidelik tasbaar toe Lindiwe Tyali, die kantoorassistent, haar kwalifikasie as maatskaplike hulpwerker ontvang het.
Die bestuur het met behulp van borge Lindiwe se studies by Cefa-opleidingsentrum op Wellington betaal.
Lindiwe is in diens opgelei onder die be-kwame hande van ACVV Middelburg se maatskaplike werker as mentor.
Kwartaalliks was sy na Port Elizabeth om eksamens te gaan aflê.
Die ACVV Middelburg is trots op haar aangesien sy haar finale eksamen met ’n prestasie van bo 75% in al haar vakke behaal het.