Anria van Rooyen het vir 18 jaar in Newcastle gewoon en vir 10 jaar daarvan by ’n spysenier gewerk waar sy funksies gekoördineer het. Sy was later ’n koffiewinkel- en restaurantbestuurder.
Sy is tans ontvangs- en besprekingskoördineerder by The Palms op Cradock.
Sy deel ’n hele paar spesiale wenke om spogskons te bak.
Bestanddele:
500ml koekmeel
20ml bakpoeier
3ml sout
60g margarien
1 ekstra groot eier
180ml suurmelk
Metode:
Sif the bakpoeier, meel en sout saam. Rasper botter in die koekmeelmengsel in. Werk liggies met vingerpunte in totdat dit soos broodkrummels lyk.
Klits die eier liggies in die suurmelk in en voeg by droë bestanddele.
Sny met ’n mes in die droë bestanddele in totdat deeg vorm.
Druk die deeg plat op ’n meelbe-strooide plank en sny uit met ’n koekiedrukker. Dit is belangrik dat die koekiesnyer nie gedraai moet word nie. Moenie die deeg te veel hanteer nie. Draai nou die botterbroodjies onderstebo en plaas op ’n bakplaat.
Bak vir tussen 15 en 20 minute teen 180 °C.
- As jy die resep verdubbel kry jy 7 groot, of 18 klein botterbroodjies.