Voorbeelde van Mariaan Schoeman se kunswerke.Foto:Teresa Opperman


HET jy ook al dikwels in jou lewe ’n egte skildery begeer?

Dan moet jy onmiddellik ’n plan maak om op Hofmeyr by die Karoobos-padstal ’n botteltjie konfyt te gaan koop.

Kanse is goed dat jy dan die eienaar sal wees van ’n egte oorspronlike “skildery”.

Mariaan Schoeman, bestuurder van die Karoobos-padstal en Lodge op Hofmeyr, is ook ’n begaafde kunsskilder. Sy hou haar deesdae besig met die kook van konfyte en dan sit sy saans en verf skilderytjies om bo-op die dekseltjies te plaas.

Daar staan reeds rye konfyte op die rakke, elkeen met sy eie skilderytjie op.

Dit is duidelik dat windpompe, sonsondergange en natuurtonele haar gunste-linge is, maar elke skilderytjie het sy eie tema, en is in pragtige kleure geskilder.

You need to be Logged In to leave a comment.