ATKV-dames spog met die fraaiste hooftooisels

CRADOCK se ATKV-damestak het op 24 Maart ’n spoggerige teeparty ten bate van die ACVV in die NG Moedergemeente se kerksaal aangebied.


CRADOCK se ATKV-damestak het op 24 Maart ’n spoggerige teeparty ten bate van die ACVV in die NG Moedergemeente se kerksaal aangebied.

Die ingangsgeld was ’n kaartjie te koop en twee items vir die ACVV se noodspens. Keurige eetgoed en pragtig versierde tafels was aan die orde van die dag, maar daar is ook aan ernstige dinge gedink toe Benita Moolman, voorsitter van die ACVV, vertel het van hul werksaamhede, tekort aan geld en die tragiese omstandighede waarmee die maatskap-like werkers soms te doen kry. Voorlesings deur Karin Greyling en Hester Tait het gesorg vir ligte vermaak.

Die gaste het almal goed bygedra en die tafel waarop die bydraes vir die noodspens uitgestal is, het werklik gekreun onder al die geskenke.

Verskeie dames het pryse met ge-lukstrekkings gewen maar die hoogtepunt van die oggend was die hoede-kompetisie.

Elke gas is gevra om ’n tuisgemaakte winterhoed te dra en daar was te kies en te keur onder al die oorspronklike skeppings.

Die prys is deur Nonna Grobler gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.