Atlete slaggereed vir Comrades

DIE gemeenskap van Middelburg en Noupoort wil graag die twee bekende atlete, Saul Miles (Middelburg) en Errol Thomas (Noupoort) alle sterkte toewens vir die komende naweek wanneer hulle aan die Comrades marathon van Pietermaritzburg na Durban gaan de


DIE gemeenskap van Middelburg en Noupoort wil graag die twee bekende atlete, Saul Miles (Middelburg) en Errol Thomas (Noupoort) alle sterkte toewens vir die komende naweek wanneer hulle aan die Comrades marathon van Pietermaritzburg na Durban gaan deelneem.

Hierdie gaan Saul se vierde Comrades wees en Errol se sewende.

Die twee geesdriftige atlete het reeds op Woensdag 4 Junie na Pietermaritzburg vertrek.

Errol hoop en vertrou dat hierdie sy beste Comrades nog sal wees.

Hy het ses weke in die berge geoefen om hom gereed te maak vir die uitdaging wat voorlê. Hy sê hy kry sy krag van God en ook deur op die grondpaaie tussen die berge van Middelburg en Noupoort te oefen.

You need to be Logged In to leave a comment.