In die foto is, van links P.Miso, A. Solly, A. Bhali, L. Cloete, S. Makwena, Z. Bothman, E. Kahlana, W. Speelman.C.Fleurs skoolhoof, N. Kraukamp, S. Klassen, A. Mene, N. Mentoor, A. May, N. Menziwe die gr.7-leerders van Twinsville VGK -skool ontvang skoolbaadjies vanaf St.George’s Primêr in Port Elizabeth. Op hierdie stadium is die baadjies nog nie aangepas nie, maar daar was soveel opgewondenheid daaroor dat die foto eerste geneemis.FOTO: TERESA OPPERMAN


TWINSVILLE NGK-skool het op 1 Augustus ’n groot skenking van skoolklere vanaf St. George’s Primêr in Port Elizabeth ontvang.

Hierdie skenking is deur Bernie Dolley van die Ikhala Trust in PE gereël.

Volgens skoolhoof Charlaine Fleurs is daar op die oomblik 216 leerders by Twinsville, waarvan talle in baie moeilike omstandighede daagliks die skool bywoon.

Met Mid-Karoo Express se besoek aan die skool, op ’n ysige Woensdagoggend, was baie van die kinders geklee in slegs ’n kortmou skoolhempie, ’n truitjie saam met hul lang skoolbroekie of -rompie.

Baie van die kleingoed se skoene is in ’n swak toestand met sommige wat nie eens sokkies het om te dra nie.

Die skenking vanaf St. George’s kon aan die gr.7-leerders uitgegee word.

Daar was ook ’n verskeidenheid klein skoolbaadjies waarmee die gr. 1’s en gr. R’e gehelp kon word.

Groot opgewondenheid het deurgaans ge-heers terwyl die aanpas en oorhandiging plaasgevind het.

You need to be Logged In to leave a comment.