Bekende joernalis besoek Michausdal-skoolkinders

DIE bekende parlementêre verslaggewer van die SABC, Lukhanyo Calata, het op 20 Julie ’n besoek aan die Michausdal Sekondêre Skool in Cradock afgelê.


DIE bekende parlementêre verslaggewer van die SABC, Lukhanyo Calata, het op 20 Julie ’n besoek aan die Michausdal Sekondêre Skool in Cradock afgelê.

Hy is die seun van Fort Calata, die bekende politieke aktivis wat in 1985 deur die sekerheidspolisie as deel van die Cradock Vier vermoor is.

Tydens sy besoek het hy opgetree as gasspreker in die gr.12-geskiedenisklas om die leerders te motiveer, te praat oor die invloed van sy pa op se lewe, sy werk as ’n joernalis en sy nuwe boek.

Calata se boek, met sy vrou Abegail as medeskryfster, wat vir die eerste maal in Cradock bekend gestel is, is getiteld My Father Died For This.

Die MSS waardeer die tyd wat hy saam met hulle spandeer het en dit was voorwaar lekker om ’n huiskind van inspirasie in hulle teenwoordigheid te kon hê.

You need to be Logged In to leave a comment.