Bekende kunstenaar besoek Hofmeyr

WELBEKENDE kunsenaar Shena MacDonald besoek Hofmeyr hierdie week waar sy ’n gevorderde kursus in blomskilderkuns aanbied.


WELBEKENDE kunsenaar Shena MacDonald besoek Hofmeyr hierdie week waar sy ’n gevorderde kursus in blomskilderkuns aanbied.

Drie plaaslike dames het vir die kursus ingeskryf en Sanet Coetzer het die geleentheid gereël. Ander deelnemers kom van Nieu-Bethesda, Graaff-Reinet, Tarkastad en omgewing.

Shena is afkomstig van KwaZulu-Natal waar sy gereeld kunswerkswinkels aanbied, en veral die afgelope tyd olie-verfkursusse waar supergrootte blomme geskilder word. Sy bied ook gereeld kursusse in sketswerk aan. Die kursus word vanaf Dinsdag tot Donderdag in die NG Kerksaal aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.