Bekende kunstenaar is boorling van Hofmeyr

LINDA Opperman is ’n bekende kunstenaar en bly steeds in haar geboortedorp, Hofmeyr. Hier het sy die eerste lig aanskou in dieselfde dorpie waar haar oupa en later ook haar pa as burgemeester gedien het.


LINDA Opperman is ’n bekende kunstenaar en bly steeds in haar geboortedorp, Hofmeyr. Hier het sy die eerste lig aanskou in dieselfde dorpie waar haar oupa en later ook haar pa as burgemeester gedien het.

Haar pa Lieb het ook sy eie besigheid vanuit die groot geboue langs hul woning in Voortrekkerstraat in Hofmeyr bedryf en daar het sy menige middae in sy kantoor gesit en prentjies teken terwyl sy kon uitkyk oor die doenighede in die dorp.

Sy stal gereeld haar pragtige kunswerke uit in haar groot huis op Hofmeyr. Sy is gebore op Hofmeyr en het ook hier skoolgegaan.

Sy behaal haar N.Dip in Grafiese Ontwerp aan die destydse Port Elizabeth Technikon wat tans bekendstaan as Nelson Mandela-universiteit (NMU). In 2001 het sy aktief begin skilder en sy vind haar inspirasie uit die werk van die Impressioniste.

Sy doen graag landskappe en vrouefigure. Haar werk is meestal in akriel, maar sy bemeester ook olieverf, pastelle, houtskool en potlood.

Opperman woon gereeld slypskole by van ander kunstenaars. In 2001 het sy die opdrag vir die Boesmanmuurtekeninge en die veldcollage vir die Boardwalk Casino in Port Elizabeth ontvang.

Sy het suksesvolle uitstallings by die Vry-staatse Kunstefees, ook bekend as die Vryfees, vanaf 2003 tot 2005 gehou.

Ook in 2005 het sy die Arch of Europe toekenning vir skilderye van inheemse wild, wat sy op volstruiseierdoppe doen, ontvang.

Gedurende 2011 en 2012 het sy met groot sukses by die Grahamstad nasionale kunstefees uitgestal en in 2015 het sy op Mooiloop op SABC2 verskyn as feeskunstenaar tydens die Cradock Skrywersfees.

Opperman en mede-plaaslike begaafde kunstenaar, Mariaan Schoeman, is menige middae steeds aktief aan’t skilder op die tweede vlak-dek in Hofmeyr Suppliers, wat haar pa se besigheid was toe sy begin skilder het.

Hul stal ook elke maand hul kunswerke in die Mark in die Park uit oorkant die Karoobos Lodge. Hul kunswerke is ook daar te koop.

You need to be Logged In to leave a comment.