Bekende op Hofmeyr vier 50ste verjaardag

SANET Coetzer, bekende in bergfietskringe, het die afgelope naweek haar 50ste verjaardag gevier.


SANET Coetzer, bekende in bergfietskringe, het die afgelope naweek haar 50ste verjaardag gevier.

Sy het dié mylpaal in die Victoria Manor in Cradock saam met ’n groep van bykans 70 van haar vriende en familie gevier.

Sanet het vir ’n ge- ruime tyd by die Elizabeth Jordaan-tehuis in Cradock gewerk as verpleegsuster en het ook op die bestuur van die ACVV gedien.

Haar jongste seun, Casper, is ook ’n leerder in Cradock. Sanet en haar eggenoot, Faan, het ’n geruime tyd gelede terug na Hofmeyr verhuis waar hul nou in die distrik boer.

Sy is aktief betrokke by die organisasie van talle instansies op Hofmeyr en het met groot sukses verskeie fondsinsamelings-pogings bestuur. Sanet was ook betrokke by die stigting van Hofmeyr Hugs of Hope.

Haar tweelingkinders, Anje en Nicolaas het van Pretoria af gereis om die geleent-heid by te woon.

Haar ma en jongste suster kon ook die geleentheid bywoon.

You need to be Logged In to leave a comment.