TYDENS die skoolvakansie gaan verskeie leerders van die Hoërskool Middelburg op verskillende gebiede deelneem.
Aniel van Deventer, Amy Newton, Jennifer Gillmer, Sanrie Lessing, Vicky Müller, Megan Newton en Danelle Bishop gaan die Oos- Kaap tydens die All Ages-netbal- toernooi in Boksburg verteenwoordig.
Middies se muurbalspan gaan van 13 tot 14 Julie ’n muurbalkli- niek in Graaff-Reinet bywoon wat deur die befaamde muurbalspeler, Danie Jackson, aangebied word.
Wanga Thiso gaan in Kaapstad aan die rugby-akademieweek deelneem waar hy die o.18 OP-akade- miespan verteenwoordig.
Divan Jansen verteenwoordig die o.19 OP-plattelandspan tydens die VKB-rugbyweek in Reitz in die Vrystaat. Drie van MHS se tennisspelers, Danelle Bishop, Renaldi Steenberg en Adrian Joubert, gaan op 12 Julie in Grahamstad vir OP-platteland tennis teen die Westelike Provinsie speel.