Besighede gevra om in landbouskole te belê

’n BEROEP is op die Oos-Kaapse privaatsektor gedoen om by te dra tot die opgradering van die infra-struktuur van sommige van die provinsie se landbouskole.


’n BEROEP is op die Oos-Kaapse privaatsektor gedoen om by te dra tot die opgradering van die infra-struktuur van sommige van die provinsie se landbouskole.

Mlibo Qoboshiyane, LUR vir landelike ontwikkeling en grondhervorming, het tydens ’n besoek aan een van die opgerigte landbouskole, die Tyelimhlophe Hoërskool in Ntenetyana, die beroep gedoen.

Dié skool het sy deure in 2015 ge-open en het sowat 911 leerlinge van nabygeleë gemeenskappe. Vakke wat aangebied word sluit onder meer in landbou-bestuurspraktyke, landbou-wetenskap, wiskunde, fisiese wetenskap en tale.

“Ek doen ’n beroep op privaatmaatskappy en agentskappe om van hul sosiale hulpprogramme aan te wend om die infrastruktuur by landbouskole te verbeter. Dit kan nie net deur die regering ondersteun word nie. Die privaatsektor moet ook betrokke raak. Die Oos-Kaap moet die provinsie van geleenthede wees waar leerlinge kan presteer,” het hy gesê.

Qoboshiyane het gesê hy was bly en opgewonde om te hoor dat die skool onlangs van hulle aartappeloes aan ’n besigheid op Mt Frere verkoop het en daardeur ’n mark vir hulle produkte geskep het.

Hy het onderneem dat sy departement ’n ooreenkoms met die departement van onderwys sal aangaan om die skool se landbou bekwaamhede uit te bou.

“Ons wil met die departement van onderwys saamwerk om die skool in so ’n mate te ondersteun dat die leerders selfonderhoudende vaar-dighede kan aanleer, aangesien die provinsie ’n verantwoordelikheid het om landbou aan te moedig, veral in die landelike gebiede,” het hy gesê.

Qoboshiyane het bygevoeg dat hy bly is om te sien die opbrengs van die skool se lewendehawe, pluimvee en gewasse word aangewend om in-komste te genereer vir die skool se voedingsprogramme.

“Dit is egter duidelik dat daar ’n behoefte is aan infrastruktuur vir die hantering van diere en diereproduksie. Die skool beoog ook om ’n melkery op te rig om melk aan die gemeenskappe te verkoop en ook om van dit vir die die leerders te gebruik,” aldus Qoboshiyane.

Fikile Giwu, die skoolhoof, het gesê landbouskole dra baie by tot die stryd teen armoede in die gemeenskappe.

You need to be Logged In to leave a comment.