Besigheidsliga se laaste bal is gerol

DIE Somerset-Oos se rolbal-besigheidsliga se laaste bal is gerol, die prysuitdeling het plaasgevind en daar is ’n spitbraaigesellig-heid op 6 April by die klubhuis gehou waar spelers heerlik in ’n ontspanne atmosfeer gekuier het.

Die besigheidsliga is ’n jaarlikse instelling en daar was vir die eerste maal ook ’n beginnersdag op 24 Maart aangebied wat goeie aftrek gekry het.

Altesaam 14 spanne het deelgeneem en elke speler het met ’n prys weggestap.
Die resultate was as volg:

Laerskool Gill 12 + 8

Slabbert Elektrisiteit 11 +50

Gowlers 10 +88

S.O. Rolbalklub 10 +50

La Mirage 9 +26

Fortuners 9 +10

Silly Billys 8 +72

Royal 8 +20

Somerset Motors 8 +20

Blue Crane 8 -36

Spar 7 -50

Moerby 6 +4

Lombards 6 -44

Piehole 0 -132

You need to be Logged In to leave a comment.