Bloedwater in Spoorwegkamp

Inwoners van die Spoorwegkamp in Cradock het verlede week met die hande in die hare gesit oor verstopte rioolpype wat veroorsaak het dat stink bloedwater van die slagpale af tot binne-in hul agterplase ge-stort is.


Bloedwater in die spoorwegkamp. FOTO: WILNA DE KLERK

Inwoners van die Spoorwegkamp in Cradock het verlede week met die hande in die hare gesit oor verstopte rioolpype wat veroorsaak het dat stink bloedwater van die slagpale af tot binne-in hul agterplase ge-stort is.

Winnie Dxawa van Diamantweg het agt mense, insluitende drie kindertjies van 9 jaar, 3 jaar en drie maande, wat by haar woon. Daar was ’n yslike dam bloedwater in die straat voor haar huis wat oorstroom het tot in haar agterplaas. Sy het vertel dat hulle die probleem van verlede Maandag af elke dag aangemeld het, maar dat niks tot en met Mid-Karoo Express se besoek om 15:00 verlede Donderdag gebeur het nie.

Dxawa was baie besorg oor die kleintjies se gesondheid, aangesien dit vir haar moeilik was om die twee oudste seuntjies heeltyd in die huis te hou.

Bulelani Lucondo, Chris Hani-distriks-munisipaliteit se areabestuurder, het beweer dat hy eers Donderdagoggend van die probleem gehoor het en dat sy mense toe met ’n ander probleem besig was.

Sy onderhoudspan het Donderdag om 16:00 begin om aandag aan die probleem in Diamantweg te gee.

You need to be Logged In to leave a comment.