Boere gesels indringend oor grondonteiening

DIE kwessie van die regering se grondhervormingsbeleid is indringend bespreek op die onlangse twee-maandelikse vergadering van die Cradock-distrikslandbou-unie.


DIE kwessie van die regering se grondhervormingsbeleid is indringend bespreek op die onlangse twee-maandelikse vergadering van die Cradock-distrikslandbou-unie.

Terwyl sommige van die boere teenwoordig hulle nie wou uitspreek oor die kwessie nie, beskou party dit as ’n uitdaging en ander as ’n groot probleem.

Een van die sprekers was van mening dat die groot wetgewende uitdaging wat voorlê om alle grond te nasionaliseer, hewige rassespanning sal veroorsaak omdat die verwagting reeds ge-skep is dat elkeen sy eie grond sal kry.

Daar is ook gesê dat die uitsprake van radi-kale elemente reeds veroorsaak het dat som-mige grondpryse met tot 60% gedaal het. “’n Boer kan deesdae ’n plaas van R10 miljoen hê en nou dat hy daarvoor betaal het, is die plaas net R4 of R5 miljoen werd,” is gesê. Sommige boere se verbande is deesdae hoër as die huidige waarde van hul grond wat die geleentheid skep vir die staat om plase in die hande te kan kry.

Boere het ook hul kommer uitgespreek oor die geweldige verlies aan belasting wat munisipaliteite sal moet ly as boere hul plase moet verlaat en dat dit ’n baie negatiewe uitwerking sal hê. “Die huidige geslag moet betaal vir die sondes van die verlede en dit moet aangespreek word,” is gesê.

Boere by die vergadering is versoek om ’n verandering te probeer maak. “Dis ’n saak van eienaarskap want elkeen wat iets besit voel dat hy ’n plek het waar hy hoort,” is gesê.

Boere is ten slotte gewaarsku om nie nou op te hou boer en eers te wag op die uitslag van grondhervorming nie.

“Boerdery is van so ’n aard dat jy nie ’n jaar kan agter raak met jou werksaamhede nie.”

You need to be Logged In to leave a comment.