IN die 20 ton-klub was daar twee deelnemers wat mekaar aangevat het oor die afgelope vyf jaar.
Dié twee manne, wat uit dieselfde distrik kom en wat albei in die Suid-streek van die 20 ton-mielieklub boer, het ’n privaat kompetisie oor die volle vyf jaar van die kompetisie tussen hulle aan die gang gehad.
Zirk Scheepers en Wouter Heyns is twee mielieboere wat gedurende die vyf jaar wat hulle deelgeneem het, beurte gemaak het om eerste of tweede te kom.
Die kompetisie is vanjaar afgesluit en daar is beslis dat Zirk, wat ’n skrale sewe kilogram mielies meer as Wouter produseer het, die wenner was. Wouter het die kompetisie begin toe hy in 2014 gewen het.
Zirk het wel in 2015 gewen toe Wouter met tweede plek tevrede moes wees.
Zirk het weer in 2016 gewen en Wouter in 2017 toe Zirk tweede plek behaal het.
In 2018 wen Leon Ontwikkeling en Zirk eindig tweede.
Cradock Saad het almal wat aan die kompetisie deelgeneem het, gelukgewens, asook ’n spesiale woord van gelukwensing aan Zirk wat die algehele wenner vir die afgelope vyf jaar was.
Cradock Saad sien nou uit daarna om die 30 ton-klub te begin.
Die kompetisie word jaarliks geborg deur Agrifriend, BASF, Cradock Saad, Metson, Monsanto, Pannar Saad, Wemkem SA en Standard Bank.