Borge ondersteun Gill se eerste spanne

DIE Laerskool Gill se eerste rugby-, netbal- en hokkiespanne is baie bevoorreg om borge te kry vir hul toerusting.


DIE Laerskool Gill se eerste rugby-, netbal- en hokkiespanne is baie bevoorreg om borge te kry vir hul toerusting.

Die hoofborg is Eastern Cape Motor Group PE. Hulle het vanjaar die seuns se rugbytruie en die meisies se rokkies geborg.

Die seuns het ook hoodies gekry wat deur De Freitas Spar geborg is. Hul pette is deur Johan Slabbert geborg. Die sakke is deur verskeie ouers geborg.

Die meisies se hoodies is deur Casper de Klerk-wilddienste geborg, terwyl die sakke deur Natie Troskie (MDB Boerdery) en die sonskermpies deur Dafré Troskie (Trochem) geborg is.

Die hokkiebokkies se bottels is deur Cornel en Ilze Cornelius geborg en ’n “ball carrier” deur Bea Schoeman.

You need to be Logged In to leave a comment.