DIE 41ste Bruintjieshoogte-ultramarathon in Somerset-Oos is klaar gehardloop.
Sommige atlete se skoene is sommer gou weggepak, maar die langasems het alweer vir die volgende hardloopsessie begin oefen.
Die 70-jarige Hansie Els, ’n Somersetter wat al talle marathons agter die blad het, het weer bewys dat hy ’n ster is wanneer hy sy hardloopskoene aantrek en die kilometers aandurf.
In die 70+ ouderdomsgroep het Hansie sy eerste posisie met ’n tyd van 2.09.11 be-klink.
Vanjaar was daar 563 atlete wat die Bruintjies op verskillende afstande aangedurf het. Van Somerset-Oos self was daar soos elke jaar baie deelnemers – diegene wat jaarliks deelneem en natuurlik dié wat vir die pret hardloop.
Vir die organiseerders was dit veral verblydend om te sien dat al hoe meer skoolkinders deelneem. Die verskillende skole in Somerset-Oos was baie goed verteenwoordig.
Baie klubs is ook goed verteenwoordig en ondersteuners het ver gery om hul atlete te ondersteun en só het Somerset-Oos weer groot baat gevind met hierdie groot dag.
Oor die algemeen was daar breë glimlagte, tye is verbeter, hier en daar is trane afgevee en stywe ledemate is gedokter.
Die uitslae van die Bruintjies-hoogte-
marathon is op ons
Facebook- blad
beskikbaar.