MIDDELBURG Cape-klub in samewerking met Huis Karee, het op Saterdag, 24 Februarie ’n ete by die klub aangebied om fondse vir die ouetehuis in te samel.
Dit was ’n fenomenale sukses met 167 spitbraai-kaartjies wat verkoop is. Die wynveiling was een van die hoogtepunte en 86 loot-jie-kaartjies is verkoop met ’n skaap as prys. Die wenner van die skaap het egter die skaap aan die klub terug geskenk waarna dit weer opgeveil is.
Die gemeenskap se beursies was dus wyd oop vir die warmhartige projek ten bate van die bejaarde inwoners.
Die klub het elkeen wat skenkings gegee het en ook die ete bygewoon het bedank. Voorts het die klub gesê dat hul dié geleent-heid ’n jaarlikse instelling wil maak.
Die klub bied elke eerste Vrydag van die maand ’n steak-ete aan en elke derde Vry-dag-aand ’n heerlike hamburger en “basket”-aand. Almal is welkom by hierdie ge-leenthede.