Carinus se netbalspan toer Kaap toe

LEERDERS van die Carinus Primêre Skool in Cradock gaan vanjaar Kaap toe toer.


LEERDERS van die Carinus Primêre Skool in Cradock gaan vanjaar Kaap toe toer.

Volgens Rochen Rooi, netbal-afrigter, het twee borge, Trymore Maketo van Zimbabwe en Market Square VW Queenstown, netbaluitrustings en rugsakke vir die o.13-netbalspan geborg.

Sy sê die meisies was baie opgewonde oor die nuwe uitrustings wat hul reeds op 18 Augustus na ’n wedstryd kon dra. Op 27 Augustus het hulle ook die rugsakke van VW Queenstown ontvang.

Volgens Louis van Jaarsveld, skoolhoof, het hulle op 27 Augustus die twee borge na die skool ge-nooi om hulle te bedank vir die skenkings ten opsigte van uitbreiding van sport in die gemeenskap.

You need to be Logged In to leave a comment.