DIE eerste seunstennisspan van die Hoërskool Cradock het onlangs aan die Curro Durbanville CR van der Merwe-tennistoernooi deelgeneem.
Hierdie toernooi het bestaan uit twee wedstryde per dag, per skool, wat gewissel het tussen die bane van Curro en Everstdal.
Skole wat aan hierdie toernooi deelgeneem het, sluit in CHS, Paarl Boys’ High, Paarl Gimnasium, Curro Durbanville, Hoërskool Stellenbosch en Hoërskool Stellenberg.
Yahron van Dyk, Ryan Gowar (kaptein), Hendrick Fouché, Andrew Collett en Patrick Lord het CHS verteenwoordig.
CHS se seuns het uitmuntende tennis ge-speel en sterk karakter geopenbaar. Met sommige enkel-wedstryde, wat tot twee ure lank geduur het, het die Kwaggas dit duidelik gemaak dat hulle nie maklik ’n wen sal afstaan nie. Moedige pogings en pragtige tennis het aan CHS die algehele vyfde posisie in die toernooi besorg – ’n baie goeie prestasie vir hierdie Karoo-spelers.
Tennis van hoë gehalte was in elke wedstryd te sien met verskeie spelers wat hoë plekke op die SATA-ranglys beklee wat aan die toernooi deelgeneem het.