CHS hou atletiek-kleurbyeenkoms

DIE jaarlikse kleurebyeenkoms van die Hoërskool Cradock het op Woensdag, 24 Januarie by die Cradock-sportkompleks plaasgevind.


DIE jaarlikse kleurebyeenkoms van die Hoërskool Cradock het op Woensdag, 24 Januarie by die Cradock-sportkompleks plaasgevind.

Twee spanne, rooi en blou, het teen mekaar meegeding. Altesaam 294 atelete het aan verskeie items deelgeneem.

Die finale telling was die blou-span met 1 067 punte en die rooi-span met 617 punte.

Daar is drie rekords verbeter. Hulle was: Litha Hermanus meisies o.15 90m-hekkies met ’n tyd van 15.668 sekondes; Beaulane van Jaarsveld, meisies o.16-gewigstoot met ’n afstand van 10.92m en Zaanri Hay, meisies o.15-gewigstoot met ’n afstand van 10.40m.

Die Victor Ludorum was Iviwe Booysen met 34 punte en die Victrix Ludorum was Litha Hermanus met 33 punte.

CHS bedank alle ondersteuners en ouers wat tot die sukses van die byeenkoms bygedra het.

You need to be Logged In to leave a comment.