DIE o.15-krieketspan van die Hoërskool Cradock het op 15 Februarie kragte met Union High van Graaff-Reinet op hulle velde gemeet.
Union High het besluit om eerste te kolf en 91.6 aangeteken in hul toegelate 20 boulbeurte. CHS se beste boulers was Denzel Meyers (4 beurte, 0 paaltjies vir 12 lopies), Patrick Lord (4 beurte, 0 paaltjies vir 10 lopies) en Sibulele Poyo (4 beurte, 3 paaltjies vir 23 lopies).
Musa Green het weer eens uitstekend geboul en het 2 paaltjies vir 11 lopies in 4 beurte geneem.
CHS het ingegaan om te kolf en almal kon sien dat die wedstryd naby gaan eindig.
Niël Slabbert het weer eens uitstekend gekolf en het ’n onoorwonne 31 lopies aangete-ken. Hy is goed bygestaan deur Musa Green wat 16 lopies aangeteken het.
Goeie boulwerk deur Union het CHS tot 81.3 in hul toegelate 20 boulbeurte beperk. Union het dus die wedstryd met 10 lopies gewen.