CHS netbal- en hokkie-uitslae teen Kirkwood

Die Hoërskool Cradock se meisies het die afgelope naweek tuis kragte teen Kirkwood op die hokkie- en netbal-velde gemeet.


Die Hoërskool Cradock se meisies het die afgelope naweek tuis kragte teen Kirkwood op die hokkie- en netbal-velde gemeet.

Die o.19A-wedstryd was gelykop na die eerste kwart maar CHS kon nie byhou tydens die tweede kwart van die wedstryd nie en het teen rustyd met vier doele agtergeloop. Alhoewel die laaste twee kwarte weer gelykop verloop het, het die swak tweede kwart veroorsaak dat Kirkwood met 24-20 gewen het.

CHS se o.19B-span het met 12-13 verloor terwyl die o.16B-span met 12-11 gewen het. CHS se o.16A-span wen 18-14 en die o.14A-span wen 22-11.

Cradock se hokkiespanne het goeie seges teen Kirkwood geniet. Die eerste span wen 3-0, 2de hokkiespan wen Kirkwood oortuigend 5-0.

You need to be Logged In to leave a comment.