CHS oud-skoliere presteer

DIE afgelope week is CHS oorval met opwindende nuus en gebeure – nie net van hul huidige leerders nie, maar ook van oud-skoliere wat puik presteer.


DIE afgelope week is CHS oorval met opwindende nuus en gebeure – nie net van hul huidige leerders nie, maar ook van oud-skoliere wat puik presteer.

Altus le Roux (matrikulant van 2016) is ’n student aan die Universiteit van die Vrystaat waar hy vir argitektuur studeer.

Tydens ’n gala-geleentheid by UVS verlede week het Altus erkenning vir sy harde werk tydens sy eerste jaar van studie (2017) ontvang. Altus het ’n sertifikaat gekry en is bekroon as die Beste Eerstejaarstudent in die argitektuur-fakulteit.

Altus is die seun van Abrie en Louise le Roux van Cradock.

Annelu le Roux (matrikulant van 2014) is tans besig met haar honneurs in joerna-listiek aan die Universiteit van Noord-Wes, ná suksesvolle voltooiing van haar graad in kommunikasie.

Annelu is die laaste drie jaar werksaam by PUK FM as omroeper, waar sy luisteraars vermaak met haar unieke styl en aanbieding. Tydens die jaarlikse SA Radio-toekennings is Annelu in twee kategorieë benoem, naamlik “Daytime Show” asook “Weekend Radio Show Top 40”.

Annelu het met die toekenning vir die laasgenoemde weggestap wat sy vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen het.

Annelu is die dogter van Giepie en Laurette le Roux van Cradock.

You need to be Logged In to leave a comment.