OP 29 Augustus het die leerders van die Hoërskool Cradock aan die jaarlikse Aliwal Eisteddfod deelgeneem.
Die leerders het in die musiek-, sang- en drama-afdelings uitgeblink. In die mu- siek- en sangafdeling het die leerders 10 trippelgoud, drie dubbelgoud, twee goud en een silwer toekenning behaal.
Leerders het deelgeneem aan individuele sangitems soos solo’s, duette, trio’s asook kwartette. Die CHS-skoolkoor het ook ’n trippelgoud toekenning onder leiding van Anne Bekker behaal.
In die drama-afdeling het leerders aan informele poësie, gedramatiseerde poësie, voorgeskrewe poësie, dialoë, monoloë, voorbereide toesprake en onvoorbereide lees deelgeneem.
In dié afdeling is daar twee trippelgoud, nege dubbelgoud, 12 goud en vier silwer toekennings verower. In die skryfkuns-afdeling het die Kwaggas twee dubbelgoud en drie goue toekennings ingepalm.
Die leerders is afgerig deur ds. Laurette le Roux, Ester Blomerus en Zelda Mans.