CHS seunshokkie vs Aliwal-Noord

OP Maandag, 16 April het die eerste en tweede seunshokkiespanne van die Hoërskool Cradock kragte gemeet teen dié van Aliwal-Noord op die Kwaggas se tuisveld.


OP Maandag, 16 April het die eerste en tweede seunshokkiespanne van die Hoërskool Cradock kragte gemeet teen dié van Aliwal-Noord op die Kwaggas se tuisveld.

Die tweede span is nog ’n baie jong en onervare span, maar het baie goed begin terugveg in die tweede helfte van hul wedstryd waarin hulle slegs een doel afgestaan het. Die span van Aliwal het hul kanse goed benut en CHS het die wedstryd 6-0 verloor.

In die eerste span se wedstryd het Aliwal eerste ’n doel aangeteken, met CHS wat kort daarna geantwoord het met ’n skitterende doel deur regtervleuel Niel Slabbert.

Die besoekers het later in die eerste helfte hul tweede doel aangeteken en CHS het terug geveg met goeie samespel. Ryan Gowar het dit afgerond met ’n tweede doel vir die tuisspan. Die telbord het 2 elk teen halftyd gelees.

In die eerste deel van die tweede helfte het die spanne baie gelyk gespeel, maar Aliwal se manne het deurgebreek en het twee goeie doele aangeteken. CHS het die wedstryd 4-2 verloor.

You need to be Logged In to leave a comment.