Anika Marais met haar trofee wat sy ontvang het tydens die Brian Bands mini-3-toernooi in Port Elizabeth. Anika het in die meisies se o.18-afdeling ’n algehele tweede plek behaal. FOTO:VERSKAF


DRIE tennisspelers van die Hoërskool Cradock het op 1 en 2 September aan die Brian Bands mini-3-toernooi in Port Elizabeth deelgeneem.

Ongelukkig kon Yahron van Dyk en Hendrik Fouché weens die reën nie hul wedstryde voltooi nie. Die bepalende wedstryde vir die topposisies kon egter steeds gespeel word, danksy droeër bane in Despatch.

Anika Marais, eerstespanspeler van CHS, het aan die meisies se o.18-afdeling deelgeneem en puik gespeel om in algehele tweede posisie te eindig.

Sy het ook ’n trofee vir dié prestasie ontvang. Die skool het al drie leerders geluk gewens en bedank vir hul deelname.

You need to be Logged In to leave a comment.