VANAF 6 tot 9 Augustus het die gronde van die Hoërskool Cradock behoorlik soos ’n miernes gewemel van bedrywighede tydens die jaarlikse interskole teen Gill-Kollege.
Selfs die ysige koue kon nie die entoesiasme en opwinding demp nie. Die week se geesvang en aktiwiteite het reeds op 7 Augustus begin toe die eerste spanne van CHS hul gebruiklike optog deur die strate aangebied het. Daar was ook sportwedstyde tussen die personeel en leerders.
Uiteraard het hierdie tennis-, netbal- en rugbywedstryde groot groepe ondersteuners gelok om albei spanne vanaf die kantlyn aan te moedig. Dit was egter die personeelspanne wat met lewenservaring die jonges ’n les of twee geleer het en as wenners die dag se sport afgesluit het.
Later die aand, tydens die jaarlikse Big Brag, het die Kwaggas bietjie bors uitgestoot en ook presies vertel hoe “hoenders” geëet sal word tydens die komende interskole-kragmetings.
Chess
On Wednesday morning the time for action dawned and all the bravado and talk were put to the test. CHS’s chess players started off the day’s activities and after hours of deliberation and strategising, Gill walked off as the victors by 19 points to 14.
Consumer studies
In the consumer studies classroom, the icy weather was nowhere to be felt as six teams, made up of three teams from each school, cooked up a storm. The products produced by the learners were evaluated by a well-known panel of judges. Lani Lombard (True Living), Annemarie Rapp (D’Licious) and Pieter de Kock (Buffels-hoek Dirosie Lodge) had the privilege of sampling all the products. Cradock High School’s teams were awarded the first and second places in the cook-off, with a team from Gill coming in third.
Quiz, debate and public speaking
In CHS’s Keevy Hall, a number of activities attracted spectators who supported the teams from CHS and Gill in quiz, debate and public speaking. Both the junior and senior quiz teams from CHS proved too knowledgeable for Gill and won with scores of 14-7 and 16-6 respectively.
Following well prepared and confidently delivered speeches, the CHS debating team was adjudicated to be victorious.
Cradock High School’s junior orators also went on to beat their opponents with the seniors being beaten narrowly by their rivals.
Tennis
On the sporting front the boys of CHS’s first tennis team won all their tennis matches with a fantastic score of 9-0. The girls were matched more evenly with their opponents but still played great tennis and won by 2-1.
Squash
In the afternoon the squash team carried on with the CHS winning streak and won by 11-7. These two teams played a friendly match earlier in the year and the same sportsmanship and spirit could be seen during this all important inter-school’s match.
Golf
Although being far away from the school grounds, the CHS golfers remembered they were thoroughbred Kwaggas and heated up the Cradock golf course. Although both teams played good golf, it was the team from CHS that came out as victors and beat Gill by 42 to 35.
Donderdag se sportgebeure
Op Donderdag, 9 Augustus het die OOV reeds vroeg begin kosmaak om die toeskouers en spelers van die eerste wedstryde – wat reeds om 08:00 begin het – te bedien. Hoewel die sjampanje-nooientjies van CHS en Gill eers net voor 14:00 die “vonkelwyn” geskink het, het die CHS sportmanne en -vroue al van vroegdag af gesprankel.
Netbal
Die netbalspanne van CHS het vinnige, akkurate wedstryde gespeel en meedoënloos die telling met puik doelwerk opgestoot. Die tellings is soos volg: o.14B wen 17-7, o.14A verloor 16-17 in ’n naelbytstryd; o.16B wen 25-6; o.16A wen 34-8; o.19B wen 31-5 en o.19A speel hul opponent van die baan af met ’n pragtige tel-ling van 48-10. Hoewel daar groot opgewon-denheid geheers het oor die netbalspanne se vordering hierdie jaar, is daar besondere vreugde onder die meisies van die o.16-spanne. Albei hierdie spanne behaal ’n ongelooflike prestasie deur reeds ’n tweede seisoen onoorwonne af te sluit.
Hokkie
Gill se twee hokkiespanne het sterk weerstand gebied, maar kon nie een wedstryd wen nie. Die tweede spanne se wedstryd eindig met een doel elk. Die eerste span van CHS is te sterk vir hul opponent en wen met 2-1 – dít nadat Gill halftyd met 1-0 voorgeloop het.
Die seunshokkiespan ervaar ook ’n opwin-dende dag nadat hul opponente van Queens College in die laaste minute voor die wedstryd gekanselleer het. CHS is egter bevoorreg om ondersteuners te hê wat deel in die Kwagga-karakter en hulle het vinnig ’n span bymekaar geskraap om teen die seuns te speel. ’n Verkorte, dog aksie-belaaide, wedstryd is gespeel en CHS het die wedstryd 4-2 gewen. Oud-skolier Anne-Marie Lombard het deel van die dag se program geword en as skeidsregter opgetree vir die hokkiewedstryde. Anne-Marie het ’n vlak 2-skeids-regterskwalifikasie en het onlangs ook tydens die IPT o.18 as ’n skeidsregter opgetree.
Rugby
CHS se junior seuns het sprankelrugby ge-speel wat die toeskouers skoon laat vergeet het om koud te kry. Die eerste o.14B-span wat CHS in jare op die veld kon stoot, het teen ’n span van Queens gespeel en oortuigend met 22-7 gewen. Die o.14A-span het ’n klipharde wedstryd gespeel teen opponente wat nie gekom het om te verloor nie, en het uiteindelik die wedstryd met 14-12 gewen te danke aan hul deursettingsvermoë en toewyding. Die o.15’s het hul absolute beste gegee en is ook beloon met ’n 19-10 wen. Die o.16’s was in ’n wipplankstryd gewikkel en het ’n spannende wedstryd 22-21 gewen. Die tweede span het hul vasgeloop teen sterk opposisie en hul kragmeting 17-0 verloor.
Die hoofwedstryd van die dag was die FNB Classic Clash tussen die eerste spanne van CHS en Gill. Vinnige hardloop-rugby is gespeel met albei spanne wat ewe graag as wenners uit die stryd wou tree. Dit is egter die span van Gill wat hul kanse beste benut het en die kragmeting afgesluit het met ’n wentelling van 29-12.
Reunions
The Inter-schools was further enhanced by reunions held by the matric groups of 1968, 1978, 1988, 1998, 2008 and 2013, as well as various other alumni. The fact that these old scholars keep returning to their Alma Mater clearly illustrates just what a huge role CHS has played in the lives of many people through many decades. CHS was proud and privileged to have the old scholars cheering their teams from the side lines.
Dankie
Die skool bedank alle borge en afrigters wat soveel in die skool belê. Baie dankie ook aan al die ouers vir groot opofferings, veral gedurende die winterseisoen. CHS waardeer elke ondersteuner opreg!