TOESKOUERS wat onlangs ’n rugbywedstryd van die Hoërskool Cradock bygewoon het, sou opmerk dat die eerste rugbyspan hierdie seisoen in pragtige nuwe wedstrydtruie op die veld uitdraf.

Die span het ook nuwe opwarmingshemde, spansakke en spanbaadjies ontvang wat met trots gedra word na elke sportgeleentheid. Volgens die skool sou dit nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van plaaslike ondernemings nie.

Fatty’s Mechanical Repairs, Ilgi Implemente en Kubota het hulle gewig agter die Kwaggas ingegooi om CHS se eerste rugbyspan uit te rus met nuwe uniforms en spandrag.

Die Kwaggas is besonders trots, nie net op die nuwe klerasie nie, maar veral op die verbintenis met die ondernemings.

“Dit is wonderlik om hande te kan vat met ondernemings en individue wat dieselfde doelwitte vir ons skool en leerders het. CHS sien uit na ’n lang en voorspoedige verbintenis met hierdie ondernemings,” het die skool gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.