CHS vaar goed by atletiekbyeenkoms

OP Saterdag, 10 Februarie het 41 van die Hoërskool Cradock se atlete aan die distrikte atletiekbyeenkoms deelgeneem.


OP Saterdag, 10 Februarie het 41 van die Hoërskool Cradock se atlete aan die distrikte atletiekbyeenkoms deelgeneem.

Hierdie byeenkoms is vanjaar aangebied deur die Hoër Landbouskool Marlow by die Cradock-sportkompleks. CHS se atlete het baie goeie vertonings gelewer en hulself bewys as waardige opponente.

’n Paar prestasies wat uitgestaan het sluit in: Litha Hermanus wat in die eerste posisie geëindig het in al vier haar items: o.15 100m (13.24sek), 200m (27.80sek), 400m (1:04.22) en 90mH (16.16 sek).

Zanelle Weitz verower drie eerste plekke: o.19 gewigstoot (8.00m), diskus (26.46) en spiesgooi (23.57m) met Lenay Booysen o.16 200m (28.97 sek), 400m (1:04.48), Marike Dannhauser o.19 200m (27.49 sek), 400m (1:02.86) en Ian Rieck s o.16 400m (54.60 sek), 800m (2:11.23) wat elk twee eerste plekke losgehardloop het.

Goeie vertonings word ook gelewer deur Franco Colarossi (gewigstoot), Janade Bouwer (spiesgooi), Zaanri Hay (gewigstoot) asook Marico Isaacs, Sherwin Mayeki en Jac-Mari Saptoe wat elkeen pragtige tye in die 100m-, sowel as die 200m-items gehardloop het.

Beaulane van Jaarsveld het ’n skoolrekord in die meisies o.17-gewigstoot opgestel deur die vorige rekord van 11.01m na 11.72m te verbeter.

You need to be Logged In to leave a comment.