YOLANDI Stander is as departementshoof by die Laerskool Cradock aangestel.
Stander is oorspronklik afkomstig van Adelaide, waar sy haar skoolloopbaan voltooi het.
Sy het haar onderwyskwalifikasie aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Gedurende 2010 tot 2011 het sy ’n gr. 5-pos by die Laerskool Cradock beklee. Stander het gedurende 2017 weer by die personeel van Cradock aangesluit.
Die personeel wil haar van harte gelukwens met die bevordering en voorspoed vir die nuwe mylpaal in haar onderwysloopbaan toewens.