HIERDIE jaar het Laerskool Cradock met o.10-hokkie begin en wat ’n goeie begin was dit nie!
Hulle sportdag teen Burgersdorp was op 21 April. Ná afloop van die netbal, was dit tyd vir die eerste o.10-hokkiewedstryd van die seisoen.
Daar is slegs ses spelers aan ’n kant en Lila Barkhuysen, Nina Smith, Ameli Theron, Anné Adam, Elrie Henning en Bianca Duvenage het hul goed van hul taak gekwyt.
Halftyd was die telling 3-1 in Cradock se guns. Toe die eindfluitjie blaas het CLS 4-2 gewen.
Die doele was aangeteken deur Elrie Henning (1), Bianca Duvenage (1) en Ameli Theron (2).
Die Laerskool Cradock sien uit na die res van die seisoen.