DIE Collie Koeberg Hoërskole-atletiekbyeenkoms vind op Saterdag, 10 Februarie op Graaff-Reinet plaas.

Baie goeie prestasies en taai mededinging sal vir die toeskouers ’n geleentheid bied om hierdie mooi sport te geniet.

Atlete van Asherville Sekondêr, Nqweba Sekondêr, Spandau Sekondêr, Hoër Volk-skool, Union High, Aberdeen Sekondêr, Gill Kollege, Hoërskool Jansenville, Willowmore Sekondêr en enkele ander skole sal deelneem.

Die byeenkoms begin om 8vm tot ongeveer 5nm. Die hekgelde wat betaalbaar is, is soos volg: voertuie – R15; volwassenes en kinders sonder skoolklere – R15; kinders met skoolklere – R5.

Toegang is gratis vir atlete en beamptes met toegangskaartjies wat deur die skool uitgereik is. Kaartjies sal by die hek beskikbaar wees soos volg vir stalletjiehouers: stalletjies wat elektrisiteit benodig teen R100 en stalletjies wat nie elektrisiteit benodig nie teen R50.

Navrae kan aan Theo Dörfling by die Hoër Volk-skool gerig word. – MEDEWERKER

You need to be Logged In to leave a comment.