“Ons koskaste is byna leeg. Ons diere is honger en kry koud. Cradock Diere-skuiling ervaar onbeskryflike nood.”
Dié pleidooi is van Talita de Wilde van die Cradock Diereskuiling.
“’n Beperkte hoeveelheid kos en mieliepap dra ons van dag-tot-dag om die honde kos te gee.”
“Ons benodig ook dringend ou matte en komberse om die diere teen die erge winterkoue te beskerm,” sê De Wilde.
Volgens haar het Hofmeyr Hugs of Hope met die Diereskuiling ’n finan-siële samewerkingsooreenkoms ge-sluit om te probeer help sodat die nodige kos aangekoop kan word.
“Ons het in dié stadium 90 honde wat sowat vyf 25kg sakke hondekos per dag eet. Die 20 katte eet daagliks sowat 10kg katkos. Ons gebruik ook mieliemeel en rys om saam met die kos voor te sit.
“Dit is nou jagseisoen en ons sal graag oorskotvleis aanvaar. Dit sal baie welkom wees en is altyd ’n groot bederf vir die diere.”
“Ons het elke krieseltjie kos nodig. Huishoudings kan selfs hul oorskietkos in sakkies vir ons vries, ons sal dit graag by inwoners gaan oplaai,” sê De Wilde.
Cradock Diereskuiling het talle honde en katte beskikbaar vir aanneming aan goedgekeurde huise.
- Vir meer inligting of skenkings bel 073 933 2997.
