Cradock drama bied ‘Vlieg’ aan

DIE Hoërskool Cradock se dramagroep, wat in die twaalf jaar wat hulle aan die ATKV Tienertoneel-kompetisie deelgeneem het elf keer die provinsiale afdeling gewen en vier keer na die finaal deurgeding het, het vanjaar besluit om meer op die teg-niese


DIE Hoërskool Cradock se dramagroep, wat in die twaalf jaar wat hulle aan die ATKV Tienertoneel-kompetisie deelgeneem het elf keer die provinsiale afdeling gewen en vier keer na die finaal deurgeding het, het vanjaar besluit om meer op die teg-niese aanbieding van hul drama te fokus.

“Ons is ’n klein skooltjie en ons oefen op klein plattelandse verhogies en tog blink ons kinders uit as hulle skielik by die kompetisies op ’n groot stedelike verhoog kom en baie beligting moet hanteer,” het Melina Smit, skrywer en regisseur van die drama Vlieg, wat hulle op die planke gebring het, onlangs gesê toe die drama in die AB du Toit-saal op Cradock opgevoer is.

Smit het ’n silwer toekenning vir kostuums en ’n brons toekenning vir ’n nuutge-skrewe teks ontvang. Zander Niemand, matriekleerder van die skool, het ’n brons toekenning vir sy rol as hulp-regisseur verwerf.

Smit het die toneelstuk Vlieg beskryf as ’n dagdroom. Die storielyn gaan oor ’n dorp wat deur ’n tsoenami verwoes is. Net die dorpsplein en een huis het behoue gebly.

Die hoofkarakters – Dirkie Cronjé, Pieter-Ben Smit en Elize-Mari Gerber – het almal silwer toekennings vir hul toneelspel verwerf. Die hele groep is met ’n brons medalje vereer vir samespel, terwyl Christiaan Blom en Hendri Smit brons verower het vir hul hantering van die teg-niese aspekte van die toneel.

Jardine van der Heever en Siya Mashicila, verhoogbestuurders, het ook brons verwerf vir die groot rol wat hulle in die produksie gespeel het.

Cradock bied die afgelope ses jaar drama as ’n vak aan.

You need to be Logged In to leave a comment.