Cradock eindig derde in rugbytoernooi

CRADOCK-rugbyklub het op 17 Maart aan die jaarlikse Kapaailand-rugbytoernooi deelge-neem waar agt spanne mekaar die stryd aan-gesê het.


CRADOCK-rugbyklub het op 17 Maart aan die jaarlikse Kapaailand-rugbytoernooi deelge-neem waar agt spanne mekaar die stryd aan-gesê het.

Dit was die eerste maal wat Cradock deelgeneem het. Die kompetisie was sterk en die beserings volop, maar selfs met ’n klein span van net 20 spelers kon Cradock steeds na die halfeindstryd deurdring. Hulle het ’n derde plek in die toernooi behaal.

Hulle het teen Buffalos 31-0 gewen, 12-15 teen Kaapland verloor, 29-7 teen Matatielle gewen en in die halfeindstryd 0-8 teen Umtatha Lions verloor.

Cradock het almal vir hul ondersteuning by die toernooi bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.