: Tonele by ’n vorige Karoo Kosfees op Cradock. Foto’s: verskaf


MENSE wat wil lekker eet en meer wil leer oor die bereiding van kos, moet sorg dat hulle die langnaweek op Cradock is om die Karoo Kosfees te beleef.

Die fees begin Vrydag, 27 April om 18:30 met Karoo-skemerkelkies en smulhappies in Durbanstraat en begin Saterdag, 28 April met ’n heerlike kosmark by die pragtige “The Palms” naby die rivier.

Daar beloof om elke uur, op die uur, gratis kosdemonstrasies te wees asook heerlike stalletjies met smullekker eetgoed.

Terwyl sommiges hulle aan die kos gaan verlustig, word daar ook vir die meer sportiewe mense gesorg met die Pekan Park-avontuurwedloop en 4×4-kompetisie, kanovaart, jukskei, gholf en vlieghengel.

Die dag eindig met ’n formele di-nee en wynproe in die Victoria Manor.

Sondag van 10:00 tot 18:00 gaan die kosmark voort en gaan daar weer elke uur gratis demonstrasies aangebied word.

Sondag vind die gewilde Swaers-hoek-bergfietsmarathon plaas, gevolg deur die kleinspan se fietskompetisie op die gholfbaan.

Die dag word afgesluit met ’n opelug-filmvertoning waarvoor piek-niekmandjies op bestelling verkry kan word.

In volgende week se Mid-Karoo Express hoop ons om nog meer oor vanjaar se kosfees te vertel.

You need to be Logged In to leave a comment.