Cradock koskunstenaar deel heerlike resep

EEN van Cradock se koskunstenaars, Elsje Taljaard, is weer terug om een van haar smullekker resepte met Mid-Karoo Express se lesers te deel.


EEN van Cradock se koskunstenaars, Elsje Taljaard, is weer terug om een van haar smullekker resepte met Mid-Karoo Express se lesers te deel.

Taljaard is baie lief daarvoor om lekker kos te maak en dink graag haar eie resepte uit.

Dié week deel sy haar resep vir ’n maklike en smaaklike appelkrummeltert.

Appelkrummeltert

Bestanddele:

250g koekmeel

10ml bakpoeier

’n Knippie sout

250g botter

125ml hawermout

250g witsuiker

15ml bruinsuiker

Twee blikkies tertappels

7,5ml gemengde speserye

Metode:

  • Sif die meel, bakpoeier en knippie sout saam.
  • Rasper die botter en vryf dit in die meelmengsel in.
  • Voeg die halwe koppie hawermout en witsuiker by en druk dit saam totdat dit amper ’n deeg vorm.
  • Verhit intussen die twee blikkies tertappels, gemengde speserye en bruinsuiker saam. Druk die appels effe fyner.
  • Druk dan die helfte van die deeg onder in die tertbord, skep die appelmengsel bo-oor en krummel die ander helfte van die deeg bo-oor.
  • Bak teen 180° C vir ongeveer 30 tot 40 minute tot die deeg goudbruin is.
  • Bedien dit saam met room.

You need to be Logged In to leave a comment.