DIE Laerskool Cradock het 17 tennisspelers as lede van die Sentrale Distrikte tennisspan aan die OP Plattelandproewe sien deelneem.
Die o.10 spelers het teen baie sterk opponente te staan gekom, maar hulle het hul goed van hul taak gekwyt.
Die Hoërskool Cradock is ook onlangs by die OP Platteland-tennisproewe verteenwoordig. Dié spelers het oudergewoonte goed gedoen. Vyf van hul spelers is in die OP Plattelandspan ingesluit. Hulle is Jani Hatting (0.16 meisies), Adri Henning (o.16 meisies, reserwe), Yahron van Dyk (o.19 seuns), Anika Marais (o.19 meisies) en Ilana Steenkamp (o.19 meisies).
Die 2018 OP Plattelandspan sal op Dinsdag, 27 Februarie, hul eerste wedstryd teen Albanië in Cradock speel.
As gevolg van ‘n heerlike reënbui, moes die o.12 se finale rondtes vir die dag gestaak word en is spel uitgestel tot Donderdag, 15 Februarie 2018. Die spelers sal in Graaff Reinet aan ‘n rondomtalie deelneem, ten einde hul possisies in die span te bepaal.
Meisies o.14 Zanél Philps het skitterende tennis gespeel tydens die proewe en ‘n welverdiende 2de plek in die o.14 OPPlattelandspan behaal. Baie geluk aan elkeen van hierdie spelers.
Die OP Plattelandspan sal op aan ‘n wedstryd teen Albanie, in Cradock, te staan kom.
Seuns o.10 Jaco Horn (6de posisie).
Meisies o.10 Nina Smith (3de posisie), Miné van Zyl(4de posisie), Ameli Theron (6de posisie) en Anné Adam(Reserwe).
Seuns o.12 Theuns Botha, Robert van Zyl, Burgert van Heerden.
Meisies o.12 Miré Hatting, Maré de Klerk, Jeanné van den Heever, Danelle Theron.