Cradock manne groet nuwe rugbyseisoen

DIE onder 13A-rugbyspan van Laerskool Cradock het die jaar se rugbyseisoen afgeskop met hul deelname aan die Frans Erasmus Rugbytoernooi, op Grahamstad, asook aan die Marlow rugbyweek.


DIE onder 13A-rugbyspan van Laerskool Cradock het die jaar se rugbyseisoen afgeskop met hul deelname aan die Frans Erasmus Rugbytoernooi, op Grahamstad, asook aan die Marlow rugbyweek.

Die span word deur Rouxan Engelbrecht afgerig.

Die jaarlikse 0.13 Marlow rugbyfees het vanaf 26 Maart tot 1 April by Hoër Landbouskool Marlow plaasgevind.

Laerskool Cradock se 0.13 A-rugbyspan het hierdie rugbyfees met baie selfvertroue ingegaan, ná die groot sukses wat hulle tydens die Frans Erasmustoernooi vroeër in die kwartaal behaal het. Laerskool Cradock het by hier-die toernooi al ses hul wedstryde gewen.

Die wedstryde by die 0.13 Marlow rugbyfees is nooit maklik nie en dien as baie goeie voorbereiding vir die strawwe rugbyseisoen wat voorlê. Laerskool Cradock het by die toernooi goeie hardlooprugby gelewer en hul eerste twee wedstryde teen die Marlow XV (50-0) en Muir College (55-5) gewen. Hierdie oorwinnings het Laerskool Cradock onder die top-skole in die toernooi geplaas asook in ’n finale wedstryd teen Laerskool Durbanville.

Laerskool Cradock was baie gemotiveerd om hul bes teen Laerskool Durbanville te doen. Hul teenstanders het vroeg in die wedstryd twee vinnige drieë gedruk om met 14-0 voor te loop.

Die Cradockspelers het egter nie moed opgegee nie, hergroepeer en teruggeveg deur twee pragdrieë voor die halftydfluitjie geblaas het, te druk. Die halftydtelling was 14-14.

Na afloop van rustyd het Durbanville weer twee vinnige drieë gedruk om 28-14 voor te loop. Laerskool Cradock het egter ongelooflike karakter en veggees getoon en het die Durbanvillers tot in die doodsnikke laat bontstaan om hul telling te verdedig.

Laerskool Cradock moes uiteindelik die knie buig teen hul teenstaanders met ’n telling van 14-28, maar het met groot waardigheid uit die stryd getree. Laerskool Cradock het hierdie rugbyfees terdeë geniet en sien uit na ’n lekker en mededingende rugbyseisoen.

You need to be Logged In to leave a comment.