Vier akteurs van JPD Productions het op 18 Julie, as deel van Mandeladag-vieringe, die gr.12 voorgeskrewe gedigte by die Hoërskool Cradock op die verhoog uitgeleef. Dit het die 12 gedigte baie lewendig en toeganklik gemaak vir die matrieks. Die leerders het by die geleentheid baat gevind omdat hulle makliker leer wanneer hulle die visuele opvoering het om te onthou. Agter van links is Jeandri Visser, Zander Niemand, Zanelle Weitz, Laurette le Roux, Maria de Koker, Stella Nortier, Maryke Costerus, Hein Oswald Kotze, Ilana Steenkamp, Morné Vogel, Jeanri Nortje en Marike Dannhauser. Voor van links is Danielle da Camara, Anemie Blom, Dirkie Cronje, Houghlynne Swarts en Jardine van den Heever.Foto:VERSKAF


VIER akteurs van JPD Productions het op 18 Julie die gr.12 voorgeskrewe gedigte by die Hoërskool Cradock op die verhoog uitgeleef.

Die feit dat die gedigte in ’n humoristiese storielyn verweef was, het dit ’n unieke ondervinding gemaak. Dit het die 12 gedigte baie lewendig en toeganklik gemaak vir die matrieks.

Die leerders het by die geleentheid baat gevind omdat hulle makliker leer wanneer hulle die visuele opvoering het om te onthou.

Dieselfde groep het vroeër vanjaar ook die leerders vermaak met ’n produksie van Die Beer wat verskillende stylfigure en beeldspraak aangespreek het.

Die onlangse opvoering het deel van CHS se Mandela-dag vieringe gevorm. Dit het tot die leerders se opvoeding en kultuur bygedrae en albei hierdie aspekte was vir Nelson Mandela belangrik.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article