Cradock meet kragte teen Stulting

OP Saterdag, 19 Mei, het die Laerskool Cradock se o.11A- en 13A-rugbyspanne kragte gemeet teen die Laerskool Stulting.


OP Saterdag, 19 Mei, het die Laerskool Cradock se o.11A- en 13A-rugbyspanne kragte gemeet teen die Laerskool Stulting.

Stulting se o.11A-rugbyspan het eerste agter die doellyn gaan kuier om die telling 5-0 te maak. Die tweede helfte het gesorg vir naelbytrugby. Cradock se losskakel, Corné Slabbert, het ’n pragdrie gaan druk en die telling 5-5 gemaak.

Cradock moes egter die knie buig en die wedstryd eindig met ’n telling van 12-10.

In die wedstryd tussen die twee o.13A-spanne het dit duidelik geblyk dat albei skole oor goeie o.13-rugbyspanne beskik.

In ’n spannende wedstryd teken Stulting eerste punte aan en loop halftyd 24-7 voor.

Cradock het egter hul ritme in die tweede helfde gevind en dryf die wedstryd tot ’n naelbyteinde. Cradock het die wedstryd 24-31 verloor, maar het met waardigheid uit die stryd getree.

You need to be Logged In to leave a comment.