Cradock o.15 krieketspanne meet kragte

DIE o.15-krieketspanne van Marlow en Volkskool het kragte gemeet in Graaff-Reinet op die Volkskoolvelde op 8 Februarie.


DIE o.15-krieketspanne van Marlow en Volkskool het kragte gemeet in Graaff-Reinet op die Volkskoolvelde op 8 Februarie.

Die tuisspan het die loot gewen en gekies om eerste te boul. Die boulers het aanvanklik goed geboul en kort voor lank was Jaco Fourie (Oros) en Estian Titmus (Bom) terug in die pawiljoen.

Die Volkskool manne het gereeld sukses behaal met die bal en paaltjies laat val. Slegs Jaco Aucamp (Spook) het goeie weerstand gebied en 40 goeie lopies gemoker. Marlow het 138 lopies in hul toegelate 30 beurte aangeteken.

Volkskool se manne was vroeg in die knyp met 4 paaltjies plat vir slegs 15 lopies. Die Ramme se boulers het egter gesukkel en swak boulwerk het gesorg dat die tuisspan 102 lopies kon aanteken.

Marlow het die kragmeting met 36 lopies gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.