CRADOCK-OOS se NG kerk bied op 27 Julie ’n deftige dinee, wynveiling en dans by The Palms aan.
Volgens ds. Jan Grobbelaar gaan die aand ’n spoggeleentheid wees en is formele drag vir almal noodsaaklik. Kaartjies beloop R150 per persoon en sluit ’n driegang maaltyd in.
Hy sê die wynveiling gaan grootliks op die prinsiep van ’n “silent auction” plaasvind sodat wynliefhebbers voldoende tyd sal hê om die wyne deur te kyk en ’n bod in te dien.
“Ons verwag dat daar ook genoeg tyd en ruimte sal wees vir almal om lekker saam te eet en te dans,” het hy gesê.
Meer inligting kan verkry word by Grobbelaar (082 321 9080) of Carien Nel by die kerkkan-toor (048 881 3457).

