Cradock-rugbyklub speel op Marlow

CRADOCK se rugbyspan durf eerskomende Saterdag ’n span van Maclear op die Marlow-rugbyvelde aan.


CRADOCK se rugbyspan durf eerskomende Saterdag ’n span van Maclear op die Marlow-rugbyvelde aan.

Dit behoort ’n opwindende wedstryd te wees en die organiseerders nooi alle belangstellendes uit om die manne te kom ondersteun.

Marlow het ’n groot rugby-naweek wat Donderdag reeds afskop met die “groot brag” en Vrydag gevolg word met ’n optog deur die dorp.

Dis Marlow se reünienaweek en daar is ook ’n braai vir oud-skoliere. Saterdag meet Marlow kragte teen die Hoër Tegniese Skool Daniël Pienaar van Uitenhage, gevolg deur die Cradock-span teen Maclear om 16:30.

You need to be Logged In to leave a comment.