Cradock staan reg om water aan Kaapstad te skenk

DIE Cradock-gemeenskap het onlangs saamgespan om water in te samel en te skenk aan Kaapstad se inwoners.


DIE Cradock-gemeenskap het onlangs saamgespan om water in te samel en te skenk aan Kaapstad se inwoners.

Honderde bottels water staan reeds gereed in Cradock se Metodiste Kerk. Volgens Anton Olivier het hulle reeds 459 bottels reg vir besending, maar verwag hulle nog ’n besending van 55 bottels wat nou enige dag afgelewer kan word.

Hy sê die projek is aanvanklik deur Tracey Michau bekendgestel, maar die kerk het dit oorgeneem en die groot dryfveer agter die insameling tans is Rita Jacobs.

Die water wat op 10 Maart versend gaan word, gaan deur Fatty Colarossi en Kubota Trekkers na ’n Metodiste Kerk in die Kaap geneem word, vanwaar dit aan bejaarde persone wat sukkel om water te bekom, versprei sal word.

Olivier sê mense wat water wil skenk, kan dit ook by True Living of Vino’s aflewer.

“As hulle sê die water is vir Kaapstad bedoel, dan kry hulle afslag,” het Olivier gesê.

Al voorwaarde is dan dat hulle die kontant- strokie saam met die water moet bring.

You need to be Logged In to leave a comment.