Cradock-tennisklub se kampioene aangewys

’n GROEP van 39 spelers, waarvan 18 in die mansafdeling en 21 in die vroue-afdeling meegeding het, het op 30 Junie aan Cradock-tennisklub se eerste formele enkelspel-klubkampioensbyeenkoms deelge-neem.

Volgens die organiseerders was die byeenkoms ’n baie groot sukses en was tennis van baie hoë gehalte op sommige bane te sien.

Slegs klublede het deelgeneem waarvan die jongste nege jaar oud was.

Cradock-tennisklub se manskampioen vir 2018 is Ricky de Klerk. Jaron van Dyk het in die tweede plek geëindig, gevolg deur Daniel Tam en Robert de Klerk.

In die vroue-afdeling het die louere aan Reze Opperman gegaan, met Lente Taljaard in die tweede plek, gevolg deur Carin van Rensburg en Anika Marais.

You need to be Logged In to leave a comment.