Cradock vaar goed teen Volkskool

DIE Laerskool Cradock se netbal- en rugby-spanne het op 21 Julie op Graaff-Reinet kragte teen die Laer Volkskool gemeet.


DIE Laerskool Cradock se netbal- en rugby-spanne het op 21 Julie op Graaff-Reinet kragte teen die Laer Volkskool gemeet.

Die o.10A-span het met puik verdediging en goeie spanwerk hulle puik van hul taak gekwyt en die wedstryd 9-1 gewen.

Die o.10B-span het hulle wedstryd 13-1 gewen danksy Janke Presley en Clarisca Burton se goeie doelwerk.

Die o.11A-span het skitterende netbal ge-speel en ná halftyd 5-0 voorgeloop. Gedu-rende die tweede helfte het Volkskool hulle agterstand ingehaal en die wedstryd eindig gelykop 5–5.

Die o.11B-span se wedstryd het met ’n eindtelling van 3-4 in Volkskool se guns ge-eindig, terwyl die o.12A-span met skitterende verdediging en goeie spanwerk ’n oorwinning van 7-2 teen die Volkskool se o.13B-span behaal het.

Die o.13A-span het ’n harde wedstryd ge-speel en moes hard veg om ’n eindtelling van 16-15 in hulle guns te beklink. Die o.13B-span het ook puik netbal gespeel en hulle wedstryd 26-0 gewen.

Op die rugbyveld het die Laerskool Cradock net so goed gevaar. In die wedstryd tussen die twee o.11A-rugbyspanne het albei spanne goeie hardlooprugby gespeel.

Volkskool het eerste agter die doellyn gaan kuier en vroeg die voortou geneem. Die rustydtelling was 10-0 in Volkskool se guns. Cradock slaan egter in die tweede helfte goed terug en kaptein Cameron van Wyk teken hulle eerste punte van die wedstryd aan.

Volkskool het uiteindelik die kragmeting met 5 punte gewen.

In die wedstryd tussen die twee o.13A-rugbyspanne sal die wedstryd in die geskiedenisboeke afgaan as ’n titaniese stryd tussen die twee spanne. Die wedstryd het teen ’n hoë tempo begin met Volkskool wat eerste twee vinnige drieë gedruk het. Cradock konsoli-deer egter voor halftyd om met 17-12 die voortou te neem. I

’n Klipharde wedstryd kon die uitslag tot en met drie minute voor die eindfluitjie nog in enige span se guns swaai. Volkskool slaag egter daarin om die wedstryd met 5 punte te wen.

You need to be Logged In to leave a comment.